Herfsblare en Kristalglase

Reuse akkerbome wat handevat bo-oor blaarbedekte strate verduister die sagte winter-son. ‘n Tuinman met ‘n hark probeer vermoeid die sypaadjie netjies maak terwyl die puntjie-blare ‘n klein heuwel agter hom word. Dit voel of ons in ‘n ander land is! Tot oorlopens toe vol met dankbaarheid is ek dat ons betyds wakker geskrik het om hierdie towerryke seisoen te kan beleef in die stukkie van Gauteng wat ons “ons straat” noem.

‘n Biscuit duskant die Ewigheid

Die naaste beskawing met ‘n bande-plek was Hentiesbaai, 260km weg. Ons enigste spaarband was ‘n biscuit. ‘n Biscuit is basies maar ‘n fietswiel op so klein bietjie steroïdes. Ons was so in die middel van nêrens soos wat kan kom. Sonder simkaarte in ons fone. Met ‘n halwe pakkie salticrax.

A Bouquet of Birds

‘Intimacy is free from obligation’ came the gentle whisper through the quiet. Obligation to share, to learn, to teach, to even remember. Intimacy is here and now. Only here and now. Wholly here and now. Je-sus is here and now. I am here and now. Where there is no need for inviting in or pressing through or searching out...just pause and see...allow the Quiet to engulf you and see. He is here! He is now. And from the Quiet poetry starts to flow...”